Afrikaanse Kortfilmfees 2024

 

Tema: Taaltoffies

Sluitingsdatum: 31 Julie

Filmfees: 15 Aug. 2024

3 ouderdomskategorieë

Groot Kontantpryse!

Vanjaar se kortfilmfees het pas afgeskop! Die tema is: “Taaltoffies”.

Kry jou kamera of selfoon gereed, skryf ‘n storie en skiet ‘n kortfilm (3-7 minute) vir nog ‘n Afrikaanse Kortfilmfees!

 

 

 

 

 

 

 

Wat is ‘n Taaltoffie?

‘n Taaltoffie is daardie iets in ons taal waaraan jy so rukkie moet kou voor jy seker is jy gebruik dit reg. Hoe spel mens nou weer onmiddellik? Is daar ‘n verskil tussen waardeer en waardeur. En wat beteken harde bene kou nou eintlik?

Taaltoffies is daardie woorde of frases wat ons taal help lekker maak al is dit soms ‘n bietjie taai.

2024 Kortfilmfees – as deel van Taalweek 2024

Na ‘n baie suksesvolle Filmfees in 2023, beplan Orania Kunsteraad weer ‘n kortfilmfees! Daar is weer groot kontantpryse op die spel. Skiet ‘n kortfilm op jou selfoon of kamera, hou by die reëls en regulasies en staan ‘n kans om te wen!

Vanjaar se tema: Taaltoffies.

Kategorieë

Onder 15 jaar oud

As die oudste persoon in die vervaardigingspan onder die ouderdom van 15 jaar is, skryf jy/julle in hierdie kategorie in. (Die akteurs in die film mag enige ouderdom wees)

Inskrywingsfooi:

R50 per video

 

Onder 25 jaar oud

As die oudste persoon in die vervaardigingspan onder die ouderdom van 25 jaar is, skryf jy/julle in hierdie kategorie in. (Die akteurs in die film mag enige ouderdom wees)

Inskrywingsfooi:

R50 per video

Onder 85 jaar oud

As die oudste persoon in die vervaardigingspan onder die ouderdom van 85 jaar is, skryf jy/julle in hierdie kategorie in.  Hierdie is ideaal vir gesinne!

 Inskrywingsfooi:

R50 per video

Advertensies

Besighede! Maak ‘n advertensie van onder 1 minuut lank. Die top 3 advertensies word op die aand van die filmfees uitgesaai.

Inskrywingsfooi:

R500 per advertensie

Hoe skryf ek in?

Stap 1

Maak jou eie Afrikaanse Kortfilm. Dit kan tussen 3-7minute lank wees en moet oor die tema handel. Jou selfoon is voldoende, maar gebruik die beste klank en beeld moontlik! Jy mag jou eie prentjies of animasie gebruik.

Onthou dat liedere en beelde met kopiereg NIE sonder toestemming gebruik mag word nie. Redigeer jou video op enige manier wat jy goedvind.

  • Lees die Reëls en Regulasies behoorlik deur!

 

Stap 2

Skep jou eie Youtube kanaal. Kyk na die video as jy nie weet hoe nie. Onthou om die kanaal privaat te maak sodat ander dit nie sien nie! Laai jou video op jou kanaal. Nou kan jy seker maak dit vertoon presies soos jy dit wil hê.

 

Stap 3

Betaal jou inskrywingsfooi van R50 per video wat jy wil inskryf. Daar is 3 opsies om dit te doen.

 

Stap 4

Vul die inskrywingsvorm in met die skakel na jou video.

 

Die finaliste sal op Donderdag 15 Augustus 2024 tydens die Afrikaanse Kortfilmfees aand uitgesaai word. Dit word op ‘n groot skerm in die Gemeenskapsaal uitgesaai. Die wenners word ook die aand aangewys.

 

Reëls

& Regulasies

 

Dis baie belangrik dat jy deeglik deur die reëls en regulasies lees.

Kategorieë

1. Die kategorieë word bepaal deur die oudste persoon in die vervaardigingspan. Die vervaardigingspan is: die draaiboek / storie skrywer, die kameraman, die klankman, die redigeerder van die video en enige ander persoon wat met die vervaardiging te doen het! Dit sluit die akteurs uit. Dit beteken as kinders onder 15 jaar die hele video self opneem en vervaardig, maar hulle gebruik vir mamma of oupa as akteurs in die video, hulle sal inskryf vir die onder 15 kategorie. Daar word op elke inskrywing se integriteit staatgemaak om eerlik te wees.

Tydsduur

2. Die Korftilms se lengte moet tussen 3 – 7 minute lank wees. Korter of langer films sal gediskwalifiseer word.

3. Die advertensie-inskrywings moet onder 1 minuut wees.

Musiek 

4. Geen musiek onder kopiereg mag sonder toestemming gebruik word nie! Ongemagtigde gebruik van sulke musiek sal die inskrywing diskwalifiseer. Indien toestemming verkry is, MOET dit aan die einde van die film vermeld word. 

Beoordeling

5. Die matriks wat gebruik word in die beoordelings sluit in: Kwaliteit van Afrikaans, beeldmateriaal, klankbaan, storielyn (is dit getrou aan die tema?), emosie en kreatiwiteit. 

6. Jou kortfilm moet familie-vriendelik wees en geen kru-taal of onfatsoenlike gedrag ten toonstel nie.

7. Dit gaan oor Afrikaans. Gebruik jou taal suiwer en slegs waar van toepassing mag jy iets anders as suiwer Afrikaans gebruik.

Wenke

  • Dit is beter vir die grootskerm vertoning as jou video in landskap geskiet is, portret of regop-videos vertoon klein op ‘n grootskerm.
  • Wanneer jy jou video op youtube laai, laai dit op die hooste moontlike kwaliteit op. Dit is die weergawe wat op die grootskerm vertoon sal word. 
  • Gee gerus erkenning aan die vervaardigingspan en die akteurs aan die einde van die video. 
  • Watter musiek het kopiereg op? Die meeste liedjies wat jy op aanlyn-platforms kry, het kopiereg op. 
  • Maak jou eie musiek, of soek musiek waarop daar nie kopiereg is nie.